Loading
Handig
Pannar toon nuwe en ou staatmakers
Deur Annemarie Joubert | Datum: 2012-02-14 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Pannar se jaarlikse Gewasextravanganza trek hierdie jaar ‘n nuwe baadjie aan om dit vir boere makliker te maak om meer inligting te kry oor die produkte waarin hulle belangstel. Daar is ook ‘n klompie groot pryse in die spel vir boere wat by die Extravaganza saadbestellings plaas.

Praatjies word aangebied oor die Panacea plantgesondheidsinisiatief en die nuwe Pannar Agronomiese Navorsingsprogram wat ten doel het om meer waarde toe te voeg en maksimum opbrengste te verseker.

Besoekers sal meer kan uitvind oor nuwe kultivars en bestaande staatmakers in Pannar se produkreeks van witmieliebasters, ‘n nuwe groenmielie, geelmieliebasters, koring, graansorghum, sonneblom, sojabone en droë bone.

Pannar sê: “Ons is 'n maatskappy wat in elke opsig sterk in Suid-Afrikaanse landbou gewortel is. Ons bewese rekord van uitstaande produkte en dienslewering spreek vanself.”

Besoek die Extravaganzas op die volgende dae:

Delmas: 15 & 16 Februarie

Klerksdorp: 22 & 23 Februarie

Biesiesvlei: 7 Maart

Kroonstad: 14 Maart

Meer besonderhede is beskikbaar op www.pannar.co.za.

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia