Loading
Handig
Minister gekant teen grondnasionalisering
Deur Marlien van der Westhuizen | Datum: 2012-02-22 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Die Minister van Landbou, Bosbou en Vissery sê sy is gekant teen die nasionalisering van grond.

Mev Tina Joemat-Pettersson het die mededeling aan boere gemaak op Agri-SA se kongres op Stellenbosch. Sy beweer dat sy nie die besluit om grond te nasionaliseer ondersteun nie, nog minder die begeerte om myne te nasionaliseer.

Mev Joemat-Pettersson se verklaring is geesdriftig deur die saal vol boere en landbou-aandeelhouers verwelkom op die laaste dag van die twee-dag konferensie.  Mev Joemat-Petterson het onderneem om die saak by die volgende nasionale werkkomitee-vergadering op die tafel te plaas.

Sy het afgesluit deur boere aan te moedig om kommunikasiekanale met die plaaslike regering oop te hou, aangesien landbou die kern van die regering se ekonomiese groei strategie vorm.   

 

Bron: Eyewitness News

Onderwerpe: Agri SA | Nuus
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia