Loading
Handig
LBK ook teen nasionalisering gekant
Deur Coenraad Rall | Datum: 2011-06-23 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Die Landboubesigheidskamer het in sy elektroniese nuusbrief gesê hoewel hy met kommer kennis geneem het van uitlatings oor die nasionalisering van plase, banke en myne, dit belangrik is om te beklemtoon dat 'n opemark-ekonomie steeds die amptelike beleid van die regering van die dag is. Die regerende party het dit die afgelope week weer bevestig. 
 
Die LBK sê hy steun uiteraard die uitbreiding van 'n opemark-ekonomie vir Suid-Afrika  aangesien dit die enigste stelsel is wat met verloop van tyd groei, ontwikkeling en veral werkskepping op ‘n volhoubare grondslag, binne 'n sinvolle regulerende raamwerk, kan bewerkstellig.
 
“Privaat-eienaarskap en eiendomsreg is fundamenteel tot die skepping van voorspoed en moet deur die regering aangemoedig en bevorder word.” 
 
“Transformasie en grondhervorming moet binne die raamwerk van Suid-Afrika se Grondwet en internasionale beginsels van onteiening plaasvind. Die regering sal sterk leierskap in hierdie verband moet wys anders sal beleggersvertroue afneem en landbouprodusente uit die bedryf padgee, met ernstige gevolge vir voedselsekerheid,” lui die kommentaar.

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia