Die vakbond Solidariteit het ‘n loongeskil met die Graanbedingingsraad aangekondig nadat die loonverhogings van werknemers by koöperasies nie so hoog as verwag was nie.
Die landbou-ondernemings, Senwes, Vrystaat Koöperasie Beperk en NWK, bied 6% aan, maar Solidariteit se lede dring aan op 10%. Volgens Solidariteit het al die koöperasies laas jaar winste van tussen R18,7 en R219 miljoen getoon.
Die twee partye gaan binne die volgende twee weke weer ontmoet om stakings te voorkom. Maar indien daar nie tot ‘n vergelyk gekom kan word nie, is daar wel ‘n moontlikheid van stakings.
Volgens mnr Theunis van Staden, Solidariteit se onderhandelaar, is die winste van die koöperasies te danke aan die werknemers se toewyding, motivering en kundigheid.
Bron: Business Live
Onderwerpe: Nuus




