Loading
Handig
Geld in ‘n bodemlose put
Deur Annemarie Joubert | Datum: 2012-02-20 | 0 Kommentaar
Puik 
 1
 | Swak 
 0

Grond wat vir herverdeling aangekoop word, lê dikwels vir ‘n lang tyd onbewerk, voor daar regtig geld wissel. Teen daardie tyd hou die prys nie meer verband met die waarde van die grond nie, wat beteken dat geld in ‘n bodemlose put gestort word. Dit is mening van mnr Trevor Manuel, voorsitter van die regering se Nasionale Beplanningskommissie.

Hy het met die opening van AgriSA se kongres op Stellenbosch gesê dit is tyd dat die saak anders benader word. Hy meen dat grondhervorming steeds nodig is, maar dat dit ‘n sensitiewe saak is. Hy het nie gepraat oor president Jacob Zuma se uitlating in sy staatsrede dat weggedoen word met die gewillige-verkoper-gewillige-koper-grondslag nie.

Hy het afgevaardigdes wat gekla het oor gebrekkige kommunikasie met staatsamptenare op streeksvlak verseker dat hy die saak met mnr Zuma sal opneem.

Mnr Manuel het ook gesê dat Suid-Afrika se bevolkingstal tans op 50 miljoen staan en dat dit na verwagting tot 58,5 miljoen sal styg teen 2030. Hy sê dit beteken dat boere 20% meer kos sal moet produseer teen daardie tyd.

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia