Loading
Geen gronde vir grondgryp
Deur Annemarie Joubert | Datum: 2012-05-03 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Die syfers wat die regering gebruik om sy grondherverdelingsproses te regverdig, word al meer in twyfel getrek. Georganiseerde landbou dring al jare lank aan op ‘n behoorlike grondoudit wat, letterlik gesproke, nie van die grond af kom nie.

Verlede week het mnr Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, op ‘n grondsimposium op Uitenhage gesê meer as 40% van die land se oppervlakte is reeds in swart besit. As die drakrag van die grond in ag geneem word, is dit nader aan 50%, sê hy.

Die Instituut vir Rasseverhoudinge se syfers dui daarop dat van die 122 miljoen ha grond in die land, 25% in staatsbesit is. ’n Verdere 2,1% is deur middel van restitusie oorgedra en tussen 10% tot 15% van die grond het sedert 1994 ingevolge die gewillige koper/gewillige verkoper-beginsel in swart besit gekom.

Ondertussen meen die Afrikanerbond dat swart mense (met inbegrip van stamgrond) reeds 55% van grond in die land besit en nie 8% soos wat pres Jacob Zuma in sy staatsrede op 9 Februarie gesê het nie.

Daarby het meer as 50% van die regering se hervormingsinisiatiewe reeds “klaaglik misluk”, sê die AB.

Die organisasie sê die regering se planne om die beginsel van gewillige koper/gewillige verkoper te misken, wek die indruk dat grond as “oorlogsbuit” verdeel word. Die AB het pas sy “bloudruk vir landelike ontwikkeling en grondhervorming”, vir bespreking onder die organisasie se lede versprei.

Dié bloudruk is opgestel in reaksie op die regering se groenskrif oor grondhervorming wat einde verlede jaar die lig gesien het.

Volgens die dokument het: “Kundigheid, finansies, bates, geleenthede en intellektuele kapitaal ... (in die regering) geswig en verdwyn voor ideologie, korrupsie, eendimensionele insig, swak oordeel, gierigheid, onbekwaamheid, vergeldingsdrang en rassisme.”

Die grootste probleem in die groenskrif is die regering se “skeefgetrekte” geskiedenisbeskouing dat alle wit mense grond onregmatig bekom het en dat dit histories aan swart mense behoort, sê die AB.

Bronne: News24, beeld.com, landbou.com, tlu.co.za.

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
ProAgri is die trotse borg van:
ProAgri Video's - Ons wys hoe dit werk.All fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderDesember 2014
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
Gee jou mening
Waar verkies jy om inligting oor landbouprodukte te kry?

Plaaslike köoperasie
Aanlyn tydskrifte
Gedrukte tydskrifte
Sosiale netwerke
Buurman
Google