Loading
Handig
Farmsecure verkry Terason en Technichem
Deur Marlien van der Westhuizen | Datum: 2012-02-16 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Die Mededingingskommissie van Suid Afrika het die verkryging van ‘n meerderheidsbelang in Terason Beleggings en Technichem Gewasbeskerming deur Intelichem, ‘n nuwe filiaal in die Farmsecure Groep, onvoorwaardelik goedgekeur.

Terason Beleggings en Technichem Gewasbeskerming is gewasbeskerming en gespesialiseerde plantvoedingsverspreiders. Alle aandeelhouers in beide Terason en Technichem behou beduidende aandeelhouding in hierdie lank-gevestigde besighede. Vir beide Terason en Technichem word die name van die besighede, mense, bates en sisteme onveranderd behou en sal die besighede dus aanhou sake doen met sy kliënte soos in die verlede.  

Farmsecure Groep is betrokke in die volle landbouwaardeketting van insette, primêre boerdery en landbou-uitsette. Die groep het reeds verskeie insetbesighede in sy stal. “Gewasbeskerming is dus ‘n baie logiese stap vir ons” het Schalk Lubbe, Hoof Uitvoerende Beampte van Farmsecure Technologies, gesê. “Ons is verheug en geëerd om betrokke te raak by sulke kwaliteit besighede en ervare spanne soos Terason en Technichem”.

Landbou-insette is ‘n noodsaaklike deel van boerdery en die vermoë om insette aan te koop, te bekom en te bestuur op die regte tyd en teen die regte prys, en om dit te gebruik om plaasinkomste te verhoog, dra grootliks by tot die optimalisering van ‘n plaas se produktiwiteit en winsgewendheid. Terason en Technichem sal dus ‘n waardevolle rol speel in die groep se inset aanbieding aan boere, en derhalwe sy besigheidsfokus op die skepping van winsgewendheid op plaasvlak.

 

 

Onderwerpe: Dienste | Nuus
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia