Loading
Die hope vergete renosterhorings
Deur Marlien van der Westhuizen | Datum: 2013-03-04 | 0 Kommentaar
Puik 
 1
 | Swak 
 0

Opslae is gemaak toe die  Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringorganisasie (SAHGCA) die  Wêreldwildedierefonds (WWF) pakgegee het oor hulle ondeurdagte standpunt aangaande die wettiging van handel in renosterhoring. Dr Herman Els, bestuurder van SA Jagters, het sy mening gegee oor die voordele van wettige handel in renosterhoring.

Die skokkende statistieke oor skerp toename in die stroop van renosters sedert 2010 vir hulle horings het die land aangegryp; veral as in ag geneem word dat daar in die tydperk vanaf 1900 tot 1997 byna geen stropery was nie. Die hoogste syfer in hierdie tydperk was in die 1980’s, toe die syfer tot 20 diere per jaar geklim het. Tydens 2012 is daar 668 renosters gestroop en tot en met einde Februarie is daar vanjaar alreeds 128 doodgemaak. 

Dr Herman Els se standpunt is dat as daar nie benutting van wilde diere is nie, is daar ook geen rede om die diere te bewaar nie. Hy voer verder aan dat ‘n ekonomiese motief veel beter is om die voortbestaan van diere te verseker as estetiese waardes. Daarom is hulle bly dat renosterstropery nie meer gesien word as wilddiefstal nie, maar as ‘n ekonomiese misdryf.

Die SAHGCA se standpunt is dat die mark vir renosterhoring reeds ‘n bestaande mark is wat nie vinnig deur sanksies en wetgewing gestop kan word nie. Dit is dieselfde mark wat betrokke is by menseroof, dwelmhandel en prostitusie. Renosterhoring word ook nie uitsluitlik vir medisinale gebruik benodig nie, maar ook as kunswerke en ornamente om status aan te dui.  

Na raming is daar tans ongeveer R3,5-miljard se horings in bergplekke regoor Suid-Afrika. Daarby sterf daar jaarliks tussen 300 en 400 renosters van natuurlike oorsake, wat sal verseker dat daar ‘n groeiende aantal horings beskikbaar is vir verkope op gekontroleerde veilings.

Die SAHGCA glo dat die wettige handel in renosterhoring sal  bydra om die voortbestaan van dié diere te verseker. Hulle glo ook dat, deur slegs die horings wat tans deur wildparke en -plase geberg word te verkoop, sal die aanvraag na die horings verminder en die prys aansienlik daal. Dit sal veroorsaak dat dit nie meer so aanloklik is vir stropers nie. Dit sal dit ook veiliger maak vir boere om met renosters te boer en daarmee by te dra tot die vermeerdering van renostergetalle op wildsplase.
 

Onderwerpe: Wild en jag
Lesers kommentaar
ProAgri is die trotse borg van:
ProAgri Video's - Ons wys hoe dit werk.All fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderOktober 2014
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
Gee jou mening
Wie is reg? Moet rooivleisinvoere uit Namibië beperk word?

RPO
Voerkraalvereniging
Nie een nie
Ek weet nie