Loading
Handig
Daar’s geen fees soos ‘n suurlemoenfees!
Deur Marlien van der Westhuizen | Datum: 2012-02-17 | 0 Kommentaar
Puik 
 1
 | Swak 
 0

Die Suurlemoenfees vind in Menton in die suide van Frankryk plaas. Die dorpie is ook bekend as die Stad van Suurlemoene danksy hulle groot sitrusproduksie. Hier vind elke jaar ‘n skouspel plaas waar reusagtige strukture en vlotte van sitrusvrugte gemaak word.

Die La Fête du Citron of liewer, Suurlemoenfees is ‘n unieke ervaring wat meer as 250 000 besoekers elke jaar lok. ‘n Hoogtepunt van die fees is die Goue Parade waartydens vlotte, versier met sitrusvrugte in die aand langs die kus van Promenade du Soleil beweeg. Tussen die vlotte beweeg orkeste, volksdansers en ander musikante om ‘n ongelooflike atmosfeer te skep. 

Verdere opwinding word geskep deur die Biovès Tuine. Hier word volgens tradisie deur die stad se kunstenaars massiewe beeldhouwerke gemaak van sitrusvrugte. Meer as 300 mense is betrokke, insluitend sitrusboere, tuiniere, kunstenaars en metaalwerkers. Die massiewe metaalstrukture waarop die lemoene en suurlemoene geplaas word, word deur ‘n plaaslike maatskappy vervaardig. Daar word 500 000 elastiese bandjies gebruik en 140 metriese ton sitrus benodig om die indrukwekkende strukture te voltooi.

Die Suurlemoenfees vind vanjaar plaas vanaf 17 Februarie tot 7 Maart.

 

Onderwerpe: Vrugte
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia