Loading
Handig
Boere word beroof: Die roofdierkrisis
Deur Annemarie Joubert | Datum: 2011-01-10 | 2 Kommentaar
Puik 
 4
 | Swak 
 0

Foto: Regina Harmse

Voor die einde van Januarie moet daar ‘n oplossing vir die roofdierkrisis in die Wes-Kaap op die tafel wees. Dit is die opdrag van mnr Gerrit van Rensburg, die provinsiale minister van landbou en landelike ontwikkeling aan landbou- en owerheidsorganisasies.

Boere, wat onder andere deur Agri Wes-Kaap, die Rooivleisprodusente-organisasie en die Nasionale Wolkwekersvereniging verteenwoordig word, is van verlede jaar af in ‘n stryd met die provinsiale omgewingsowerheid, CapeNature, gewikkel oor die permitstelsel wat die jag van roofdiere reguleer. 

Die boere wil hê dat rooijakkalse onmiddellik tot plaag of pes verklaar word en dat oorhoofse permitte uitgereik word sodat die roofdiere op ‘n verskeidenheid maniere gejag kan word, soos uit helikopters of met die roep-en-skietmetode.

Wouter Kriel van die Wes-Kaapse departement van landbou, sê dit is nie net die kleinveeboere wat met die probleem worstel nie. Selfs wild- en volstruisboere loop deesdae deur. ‘n Sebravulletjie ter waarde van R7 000 is onlangs doodgebyt.

Een jakkals kan tot 20 skaaplammers per maand doodmaak. Dit gaan nie net oor die regstreekse skade nie. Boere se teelprogramme ly ook daaronder, want die jakkalse byt voor die voet dood. Die langtermyngevolge is dus onberekenbaar. 

Daar word geraam dat roofdiere meer as R1,4miljard se skade jaarliks aanrig. 

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
Posted by: Izak-Badenhorst_270
2012-01-17 @ 1:37:48
 Ek is n deeltydse boer wat tot 7 lammers per week aan roofdiere afgestaan het. Het bekostigbare Alarm ontwerp wat reeds vir byna 6 maande met 100% sukses op my skape werk. Besoek gerus www.runjackal.co.za vir meer inligting.
Posted by: Mariette-van-Dyk_885
2011-01-12 @ 0:59:41
 E-shepherd is ʼn nek band net ‘n elektroniese module wat roofdiere van skape weghou. Hierdie nie-dodelike stelsel moniteer die beweging van die skaap en aktiveer ʼn ultrasoniese alarm sodra die bewegings patroon buite die geprogrammeerde reëls beweeg. Die halsband word aangewend in ʼn verhouding van 10 / 1 in die trop. Die stelsel is reeds vir meer as ʼn jaar aan veldtoetsing onderwerp met ʼn amptelike toets (Protokol LD/ES001) vir die laaste 4 maande. Tydens toetsing is daar nie ʼn enkele skaap verloor in ʼn roofdier aanval nie. Omliggende kuddes het egter groot verliese gelei!Die stelsel was 100% suksesvol in ontwerp om roofdiere van skape weg te hou. Koste van +/- R58-00 per skaap.E-shepherd hou roofdiere weg vanaf jou kudde! www.eshepherd.biz
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderFebruarie 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
25
26
27
Gee jou mening
Hoekom trek renosterstropery meer aandag as plaasmoorde?

Dit trek nie meer aandag nie
Dit is polities meer korrek
Renosters kan nie terugskiet
Watter plaasmoorde?