Loading
Handig
Beste Januarie vir trekkerverkope
Deur Annemarie Joubert | Datum: 2012-02-08 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Die eerste maand van 2012 spog met die hoogste verkoopsyfer van trekkers vir ‘n Januariemaand in die laaste 30 jaar! Trekkerverkope van 790 eenhede in Januarie is byna 85% hoër as die verkope van 428 eenhede wat in Januarie verlede jaar aangemeld is.  

Dit is die hoogste verkoopsyfer vir Januarie in die afgelope 30 jaar, met ander woorde sedert 1982. Stroperverkope van 13 eenhede in Januarie is aansienlik meer as die 10 eenhede wat verlede Januarie verkoop is.

Mnr Lane Reynolds, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerievereniging sê fundamentele aspekte in die mark bly positief. Somergewasse in die meeste gebiede lyk goed, maar reën is noodaaklik in die volgende vier weke sodat die volle potensiaal van die gewasse behaal kan word. Met betrekking tot die huidige mieliestand, sal die opbrengs die fyn balans tussen voldoende en onvoldoende produksie vir plaaslike verbruik bepaal. Dit sal oespryse beïnvloed, omdat plaaslike en internasionale graanvoorraadvlakke relatief laag is.

Volgens huidige ramings vir trekkerverkope in die 2012-kalenderjaar, sal verkope tussen 6 600 en 7 100 eenhede wees, sowat 5% tot 10% laer as verkope in 2011.

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia