Loading
Handig
Agri Cape weer die gasheer vir VinPro
Deur Marlien van der Westhuizen | Datum: 2012-02-21 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Bien Donné Agri Cape Week 2012 sal op Vrydag, 20 April weer die gasheer wees van VinPro en Winetech se Tegniese Inligtingsdag. Alle wynprodusente en betrokkenes in die wynbedryf word na hierdie geleentheid, wat by die LNR se Bien Donné navorsingsplaas aangebied word, uitgenooi. Dit is deel van die Agri Cape Ekspo.

Volgens Johan Viljoen van VinPro gaan ervare sprekers baie toepaslike onderwerpe hier bespreek en ook vrae beantwoord. Interessante onderwerpe wat bespreek gaan word sluit in, prof Alain Deloire (VSA) se program wat verduidelik hoe om optimale rypheid vir ‘n spesifieke kultivar te bepaal, asook die beheer van peste soos aalwurms. Na ‘n droë 2012 is ander punte vir bespreking doeltreffende besproeiingskedulering en terugvoer van 'n groep wingerdbou kundiges wat 'n studietoer na Chili en Argentinië afgelê het. So kan wynprodusente op hoogte gehou word van wat die kompetisie aanvang in hierdie tyd van globalisering.

Die ekspo vind plaas vanaf 19-21 April 2012 by Bien Donné. Vir meer inligting kontak gerus Mega Events se kantoor by 021-863-0397 of besoek www.agrimega.co.za.

 

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia