Loading
Boere maak Afrika se lewe beter
2012-05-16
Nege-en-dertig boere het onlangs betrokke geraak by die Kongolese regering nadat hulle uitgenooi is om hulle kennis te deel. Die regering het 85 000ha grond beskikbaar gestel vir die boere om te help om voedselsekuriteit na dié land te bring.
 
Nuwe nuus oor Skaliegas
2012-05-15
Die Minister van Waterwese en Omgewingsake, Edna Molewa het moontlike eksperimentele spytkliewing (hydraulic fracturing of fracking), asook die ontwikkeling van nasionale mynbou- en biodiversiteit riglyne bekend gemaak.
 
Energiepryse tap boere se energie
2012-05-11
Dit kos nou 200% meer om ‘n sakkie aartappels te verbou as vyf jaar gelede, net as gevolg van die styging in elektrisiteitstariewe. Mnr Stefan Jacobs, voorsitter van die Pietersburg Distrikslandbou-unie sê in ‘n nuusvrystelling dat die styging in brandstofpryse nie eers in ag geneem is in die berekening nie.
 
Eco Afslaers kry die hoogste pryse
2012-05-11
Twee van Eco Afslaers se onlangse veilings het altwee uitstekend gevaar. Op die 9de Hoëveld Nguni klubveiling is bul GMD06124 verkoop teen R60 000. En op die Vaalbos veiling op Vryburg is 314 Jerseys van hoogstaande gehalte verkoop op dié stoetery se algehele uitverkoping.
 
Nommer asseblief?
2012-05-11
Boere wat sukkel met swak selfoonseine en geknipte Telkomdrade, kan dalk eersdaags land en sand gesels. Mnr Kobus Visser van Agri SA sê in die organisasie se elektroniese nuusbrief dat hulle tans in gesprek met ‘n diensverskaffer is wat boere sal kan help met kommunikasie.
 
Montic gee meer vir melk
2012-05-11
Die melkkoper Montic het aangekondig dat produsentepryse met ’n verdere 15 sent per liter sal styg terugwerkend vanaf 1 Mei 2012. Die Melkprodusente-organisasie sê Montic het aangedui dat verdere prysverhogings kan volg in lyn met kleinhandelspryse toe hulle die vorige produsenteprys-verhoging van 40 sent per liter aangekondig het.
 
Fotowedstryd vir 'n mylpaal
2012-05-10
Ons nooi graag ons lesers uit om vir die spesiale gedenkuitgawe hulle heel mooiste foto’s in te stuur van enige boerderybedrywigheid of plaastoneel. Die wenfoto sal vir die voorblad gebruik word.
 
Kry meer waarde uit deurpersing
2012-05-10
Met die toename in soja-aanplantings die afgelope seisoen, het dit ook tyd geword dat boere dit oorweeg om self meer waarde toe te voeg aan hulle produk deur die proses van deurpersing. Inligting oor die tegnologie, die proses en die toerusting wat nodig is, sal eersdaags by ‘n internasionale konferensie gegee word.
 
Stuur jou veilingsnuus!
2012-05-10
Gaan jy ‘n veiling hou? Of was jou veiling ‘n reuse sukses? Vertel ons daarvan en ons sal saam met jou bly wees. Stuur jou veilingsuitslae saam met ‘n foto van jou mooiste koeie of beste bul en ons plaas dit gratis op ons webwerf.
 
Min koring wek kommer
2012-05-09
Suid-Afrika sal moet lig loop om te verseker dat daar brood op die tafel is, berig Sake24. Boere plant minder koring, omdat dit nie winsgewend verbou kan word nie, maar daar is egter ook aanduidings dat daar minder koring op die internasionale mark beskikbaar gaan wees.
 
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia