in , ,

Noordwes is lekker naby vir jag, berig Pot-Shot

Hierdie provinsie met sy uitgestrekte bosveld-jagplase is skaars ’n hanetreetjie buite die stad en ’n gewilde bestemming vir veral binnelandse jagters. Daar is ook heelwat geleenthede binne in Noordwes wat binne drie ure se ry vanuit Johannesburg en Pretoria is.

’n Paar plase wat gereed is om jagters vir die jagseisoen te trakteer het hulle pryse vir Pot-Shot gestuur.

Vir jagters wat nie veel verder as 100 km buite Pretoria wil reis nie, is Vogelfontein Jagplaas ‘n ideale bestemming. Dit is geleë op die Thabazimbi-pad net anderkant Brits en is ongeveer 110km vanaf Menlyn in Pretoria. Die jagkamp het sewe beddens en geriewe sluit beddegoed, gasstowe, paraffien lampe en toegeruste kombuis is. Die plaas het nie elektrisiteit nie. Kos word buite voorberei in potte, panne en braairoosters.

‘n Jagpakket, bestaande uit vier rooibokooie en twee rooibokramme en verblyf vir sewe jagters, is beskikbaar teen R10500. Dit sluit alle jag en verblyfkoste sowel as vuurmaakhout in. Bykomende wild kan teen die volgende pryse gejag word:
Rooibok – R1 250 (groot ram), R1 000 (klein ram), R850 (ooi)
Koedoe – R5 500 (groot bul), R4 500 (klein bul), R3 500 (ooi)
Bosbok – R5 000
Vlakvark – R500
Bosvark – R500
Blesbok – R1 500
Sebra – R5 250

Vir besprekings kan Kobus Barnard kan by 082-370-5171 gekontak word en Koos Barnard by 083-459-5536 of per epos by jagbarnard@mweb.co.za.

Thorny Bush is 50 km noord van Brits naby die Krokodilrivier, Roodekopjesdam en die Vaalkopdam. Alleenlik boogjag word op die plaas toegelaat. Twaalf jagters kan gehuisves word en jag word regdeur die jaar toegelaat. Dagtarief is R380 vir jagters en R280 vir nie-jagters.

Wildspryse is soos volg:

Blouwildebeesbul – R3 500
Rooibok– R1 200 (ram), R1500 (trofee)
Koedoebul – tussen R6 500 en R16 000 (afhangend van trofeegrootte)
Zebra – R5 000
Waterbokbul – R10 000
Vlakvark – R1 000
Bosvark – R1 000

Judy Westmaas kan by 082-400-9918 gekontak word vir besprekings.

Swartruggens01 is 68 km buite Rustenburg op 400 hektaar. Eskomkrag, slaggeriewe en ‘n koelkamer is beskikbaar. Verblyf is beskikbaar vir 17 mense in ‘n grasdakkamp met ‘n lapa en DSTV, koelgeriewe en ‘n toegeruste kombuis. Dagfooie beloop R400 per jagter en R280 per nie-jagter.

Wildspryse is soos volg:

Blouwildebeesbul – R3 500
Rooibok– R1 680 (ram), R2 240 (trofee), R1120 (ooi)
Koedoebul – R7800 (bul), R3 880 (koei)
Sebra – R6 100
Waterbokbul – R9 520 (bul), R13 440 (trofee), R6 100 (koei)

Vlakvark – R550 (beide geslagte), R750 (trofee)
Blouwildebees – R4 250 (beide geslagte), R6 100 (trofee)
Blesbok – R1 740 (beide geslagte), R1 960 (trofee)
Njala – R13 440 (bul), R780 (koei), R16 800 (trofee)
Gemsbok – R7 840 (beide geslagte), R8 400 (trofee)
Eland – R11 200 (bul), R7 840 (koei), R16 800 (trofee)
Waterbok – R9 520 (bul), R6 100 (koei), R13 440 (trofee)
Rooihartebees – R5 050 (beide geslagte), R6 100 (trofee)

Geraldine Richter kan by 074-582-5386 gekontak word vir besprekings.

Bron: www.pot-shot.co.za

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Sjina en sterk rand knyp wolprys verder

Pioneer se wêreldkampioene deel hulle geheime