in

Monsanto saai en maai sukses op elke terrein

monsanto

This post is also available in: Afrikaans

Opbrengs, opbrengs, opbrengs… en nogmaals hoër opbrengs. Dit is die spil waarom gewasverbouing deesdae draai.

Gelukkig besef Monsanto dit maar alte goed en werk onverpoosd voort om boere aanhoudend op die volgende opbrengskerf te plaas. Net soos groot kommersiële boere, vind opkomende en kleinskaalboere ook baat by die tegnologie.

Elke ekstra ton is broodnodig

Daar is onlangs fees gevier in die Hereford-gemeenskap digby die Oshoek-grenspos. Deesdae stroop die boere daar tot agt ton per hektaar in plaas van die twee ton waaraan hulle oor al die jare gewoond was. Hierdie is een van Graan SA se ontwikkelendelandbouprojekte en Monsanto is ’n gewaardeerde vennoot. Die geleentheid is op Mavis Hlatshwayo, een van die vooraanstaande boere, se grond gehou en alle belanghebbendes is uitgenooi om dit saam te vier.

Mavis boer op drie hektaar en is een van die boere wat die voordele van biotegnologie verstaan. Sy het hierdie seisoen Monsanto se DKC 7B-83R kultivar geplant en noukeurig die onkruid- en insekdodertoedienings volgens Graan SA se plaaslike studiegroep se produksiepraktyke gedoen. Sy kon verlede seisoen agt ton per hektaar stroop en vanjaar lyk haar oes net so belowend.

“Ons is baie dankbaar teenoor Graan SA, Monsanto en die ander vennote wat ons geneem het van waar ons was tot waar ons nou is,” sê Mavis.

“In hierdie gemeenskap is daar niemand wat meer honger gaan slaap nie en ons kan nou die oorskot mielies verkoop om ander lewensmiddele te koop.”

Jane McPherson, Graan SA se bestuurder: Ontwikkelende Landbou, sê: “Ons fokus op kommersiële opbrengste. Alhoewel jy nie noodwendig ’n kommersiële plaas het nie, kan jy steeds kommersiële opbrengste bereik, wat dan lewens kan verander.”

Graan SA het verskeie studiegroepe landswyd wat proewe van Monsanto se mielies plant om die voordele van hulle biotegnologie te demonstreer en te bewys.

Konvensionele teling hou ook tred met die tyd

Die Laeveld in die Maputu-korridor is bekend vir al die heerlike tropiese vrugte en suikkerriet wat teen besondere hoë winste verbou word. Maar die streek is ook geskik vir mielies wat sommer twee keer per jaar geplant kan word. Dit werk uitstekend vir Monsanto, want nou kan hulle in een jaar twee moederlyne plant wat die proses om die perfekte mielie te teel dubbeld so vinnig maak. Hulle het in 1997 die Vongotti-plaas naby Malelane gekoop en ’n multi-seisoenprogram- (MSP)-projek daar gevestig. Die Vongottiplaas is 100 hektaar groot en 79 hektaar daarvan is onder besproeiing.

Hier word basterproduksieproewe uitgevoer en die meeste van die WEMA (Water Efficient Maize for Africa) se mielies word hier geteel, veral vir lande waar geneties gemanipuleerde tegnologie onwettig is. Die geteelde saad word dan na vermeerderingsplase gestuur voordat dit na die saadverwerkingsaanlegte gestuur word om vir die mark voorberei te word.

Die delikate proewe op hierdie navorsing- en proefplaas word in grond geplant waarop slegs minimumbewerking toegepas word. Die vorige seisoen se reste word ingewerk voordat ’n skeurploeg ingespan word om suurstof en vog onder die grond te kry. Net voor planttyd word ’n gelyke saadbed gemaak. Slegs drupbesproeiing word op die plaas gebruik omdat dit die mees ekonomiese besproeiingsmetode is. Hulle gebruik tot so min as ’n derde van die water wat ander boere gebruik.

“Die mineraal- en voedingstofstatus word voor elke plantseisoen getoets en spesiaal gemengde kunsmis word in elke blok geplaas,” sê Peter McKinnon, die plaasbestuurder.

“Peste en siektes word beheer deur ’n weeklikse spuitprogram met ’n misblaser, wat ons in staat stel om deur die blare tot teen die plant se stam te spuit.”

’n Mielieteelspesialis uit die VSA het onlangs by Monsanto se Suid-Afrika-span aangesluit. Dr Loren Trimble is as die navorsing- en ontwikkelingshoof vir saadteling aangestel om op bastersaadproduksie te konsentreer. Hy gaan fokus op teel- en toetsprosesse en die ontwikkeling en verbetering van die plaaslike mielieprodukpyplyn.

“My werk het my geleer hoe belangrik kos is,” sê Loren. “Deur teling het ons die vermoë ontwikkel om genoeg te produseer om voorsiening te maak vir ’n groeiende bevolking. Ons wil seker maak ons doen dit na die beste van ons vermoë – selfs beter as wat ons dit tans in Suid-Afrika doen.”

Saadpryse vir 2017 – Kleiner pitte staan hulle man

Boere kan ’n gemiddelde prysstyging van 5,5% vir Monsanto se mieliesaad in die komende seisoen verwag. Van die gewildste basters se prys sal met ongeveer 3,6% styg. Kobus Steenekamp, landhoof, Monsanto Suid-Afrika, sê hulle is bewus daarvan dat baie boere uit ’n moeilike situasie kom as gevolg van die onlangse droogte en hulle het die prysstygings so laag as moontlik gehou.

Die grootste persentasieverhoging is by die klein saad wat minder as 8% van die totale saadvoorraad uitmaak. Pieter Taljaard, inkomste-optimiseringsbestuurder van Monsanto Afrika, verduidelik dat Monsanto besig is om na ’n eenvormige prysstelsel vir saad te beweeg, sodat boere per pit en nie meer per sak betaal nie. Vroeër het boere minder betaal vir kleiner saad, want hulle het geglo dat kleiner saad minder groeikrag het.

Pieter sê: “Die enigste verskil tussen kleiner pitte en groter pitte is net die grootte. Elke saad het dieselfde vlak van genetiese tegnologie en ontkiemingskrag. Monsanto sal nie swak saad verkoop nie.”

Al die DEKALB-saad wat in Suid-Afrika verkoop word, word plaaslik geproduseer en die saadproduksie is dus ook onderhewig aan omgewingsfaktore. Verskillende hibriede reageer verskillend op faktore soos hitte-eenhede. Daar is ook in die verlede voorsiening gemaak vir sestien verskillende saadgroottes, wat die bestuur van die stelsel baie ingewikkeld gemaak het.

Van nou af is daar agt klasgroottes wat genoeg is sodat ’n boer die regte kultivar en pitgrootte vir sy planter kan kies. Die plat pitte en ronde pitte kom elk in vier groottes, naamlik klein, medium, groot en ekstra-groot. Vorentoe gaan die verpakking van die sade ook eenvormig wees. Elke sak sal 80 000 sade bevat ongeag die grootte van die pitte. Tans is daar sakke met 60 000 pitte ook. Kleiner boere sal steeds hulle sakkies van 2 kg 5 kg en 10 kg kan kry.

Genoeg saad vir die seisoen

Kobus sê hulle voorsien geen tekort aan saad vir die nuwe seisoen nie, ondanks vloedskade langs die Krokodilrivier, herfskommandowurms en streepsiekte op sekere teelplase.

Kobus sê: “Elke saadproduksieplaas het ’n risikofaktor, maar ons neem dit in ag in ons beplanning en daar sal genoeg saad wees vir normale aanplantings.”

Dit is wel moontlik dat al die saadmaatskappye minder buffersaad as gewoonlik sal hê wat oorgedra kan word na die volgende seisoen.

Magda du Toit staan gereed om enige Monsanto-vrae te antwoord. Kontak haar by 082-388-0187, of 011-790-8254 of e-pos magda.du.toit@monsanto.com.

monsanto
Monsanto het vir elke boer ’n klein handstroper gegee waarmee hulle die mieliepitte blitsvinnig van die stronke kan afhaal. Die stroper werk ook uitstekend as daar vogtoetse op koppe gedoen moet word.
Monsanto
Shadrack Mabuza van Monsanto; Mavis Hlatshwayo, boer; Jerry Mthombothi, ontwikkelingskoördineerder van Graan SA se landbouontwikkelingsprogram; en Jane
McPherson, Graan SA se bestuurder: Ontwikkelende Landbou, kon die gaste in fyn besonderhede vertel watter voordele biotegnologie vir ontwikkelende landbou bied.
Monsanto
Mavis Hlatshwayo, boer; Shadrack Mabuza, Monsantomentor; en Tholiwe Hlatshwayo, boer, het rede om te spog met hulle agt ton per hektaar mielie-oes wat gereed is om gestroop te word.
monsanto
Dr Loren Trimble verduidelik aan die besoekers hoe die toetse op die mielies gedoen word.
monsanto
Peter McKinnon verduidelik aan die besoekers hoe die toetse op die mielies gedoen word.

monsanto
Die Monsanto-span wat eendragtig saamwerk om uitsonderlike basterkultivars die lig te laat sien is Andrew Bennet, dr Loren Trimble, Magda du Toit, Kobus Steenekamp, Pieter Smit en Leonard Oberholzer.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

CLAAS

CEMOS AUTOMATIC: Só eenvoudig kan dit wees om stroopdoeltreffendheid te bevorder

beeste

Só maak ’n spilpunt melk