in

Met Bonnox is binne binne en buite is buite

This post is also available in: Afrikaans

 Net ’n bok se blêr of ’n bees se bulk staan ’n kans om deur ’n Bonnoxheining te dring – die res van die dier bly binne.

Dis hoekom boere reeds meer as vyftig jaar op Bonnox reken om elke ding op sy plek te hou – netjies, ekonomies, maklik en uiters doeltreffend. Dit het alles in 1962 begin toe mnr. VH Schadewaldt Bonnox gestig het om gesweisde maasdraad vir pluimveeboerdery en die beheer van ander klein diere te verskaf. Vanaf die nederige begin het Bonnox gegroei tot ’n staatmaker vir die landbou met meer as 85 produkte wat spesiaal ontwerp is om alles wat binne hoort binne te hou en alles wat buite hoort buite.

Bonnox draad, heiningsAs Bonnox saam met elektrifisering gebruik word, beheer dit roofdiere soos luiperds en leeus en keer ongewenste besoekers.

Die eerste sukses was die PortaPen; ’n tydelike maasdraadkraaltjie wat in ’n kits met net ’n paar sparre opgeslaan kon word vir die hantering van vee op plekke waar daar nie geriewe is nie. Vandaar het Bonnox gevorder tot die wêreld se grootste vervaardiger van voorafvervaardigde geskarnierde draadheinings vir elke toepassing waaraan ’n boer kan dink. Die sleutel tot Bonnox se sukses – en die rede vir die groot reeks produkte – is dat Bonnox na die boer luister en telkens ’n heiningsoplossing vind om honderd persent aan sy besondere behoeftes te voldoen. Dis hoe uitmuntende produkte soos Afrikapatroonwildheining ontstaan het, met meer drade in die impakgebied en tot 2,44 meter hoog.
Bonnox heinings
So lyk Bonnox se reeks heinings vir elke toepassing:

Money Saver™ het kleiner openinge onder en groteres bo en dit is bedoel vir plaasdiere. Die reeks sluit hoogtes vanaf 0,65 meter tot 1,41 meter in met van 7 tot 11 horisontale staaldrade en vertikale drade wat 150 of 300 mm uitmekaar is.

Die laer heinings word hoofsaaklik gebruik om bestaande kampdrade veebestand te maak, terwyl die hoër weergawes geskik is vir skape, (ook lammers), beeste en gemengde vee. Die modelle met 9, 10 en 11 dwarsdrade is ook geskik vir honde en varke.

Close Mesh™ se openinge is kleiner. Dit is in hoogtes vanaf 0,91 meter tot 2,44 meter beskikbaar met 10 tot 25 horisontale drade. Die Close Mesh™ met 300 mm tussen die vertikale drade is geskik vir gemengde kleinvee en die meeste plaaslike wildsoorte, en daar is selfs weergawes wat volstruise, rooibokke, kameelperde, koedoes, elande en waterbokke doeltreffend binne kan hou.

Die modelle met 10 tot 25 horisontale drade en ’n vertikale draad elke 150 mm, is geskik om jakkalse, lammers, honde en medium grootte wild binne of buite te hou, en as jy dit met ’n elektriese heining kombineer, hou dit selfs roofdiere en bobbejane op hulle plek. Daar is ook weergawes geskik vir volstruise en as veiligheidsheinings.
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

'n Tamatiemotor wink

Farmsight: Kyk en bestuur orals gelyk