in

Maklike-gemmerkoekies

Min resepte is so maklik en lekker soos Nannie Theron se gemmerkoekieresep. Die koekies is perfek saam met jou eerste koppie koffie in die môre. 

‘n Lekker maklike gemmerkoekiesresep.
gemmerkoekies_resepte_koekie

Bestanddele:
– 200 ml botter of margarien
– 250 ml stroop
– 5 k ongesifte koekmeel
– 20 ml koeksoda
– 20 ml kremetart
– 5 ml sout
– 50 ml fyn gemmer
– 625 ml bruin suiker (nie sag of  growwe witsuiker nie)
– 3 eiers

Metode:

1.    Smelt botter en stroop in groterige kastrol oor lae hitte en laat dit afkoel tot louwarm.
2.    Sif die meel, koeksoda, kremetart, gemmer en sout saam.
3.    Voeg eiers by stroopmengsel en roer tot gemeng.
4.    Gooi suiker oor die stroopmengstel en meng tot suiker net nat is.
5.    Gooi dan dadelik die gesifte bestanddele by en meng goed.
6.    Laat die beslag vir ± 2 uur rus voor jy bolletjies so groot soos ‘n okkerneut maak. Druk effens plat.
7.    Bak vir 10-12 min in ‘n voorverhitte oond teen 180°C.

Geskryf deur Nannie Theron

Hierdie resep het oorspronklik op www.maklikeresepte.co.za verskyn. Besoek gerus vandag nog hulle webwerf vir watertand-resepte.

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Die-wildbedryf-wil-nuwe-boere-bemagtig

Span-saam,-spaar-krag