Loading
Handig
Daar’s net een Tecquin PolyDropper!
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2009-02-01 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

DieDaars-net-een-Tecquin-PolyDropper/p>

Die regte Tecquin PolyDropper sal nie, soos namaaksels, toeknyp en knak waar jy hom aan die draad vasmaak nie, hy sal nie met ’n vuurhoutjie aan die brand gesteek kan word nie, hy sal nie slap word in die hitte of kraak in die koue nie en hy sal nie elektrisiteit gelei nie, sodat jy jou elektriese hei­ning sonder isolators aan hom kan vasmaak.

En as ’n egte Tecquin PolyDropper maklik sou breek of elektrisiteit sou gelei, sal dit gratis vervang word.

Dis hoekom ernstige boere op gehalte aandring – die gehalte van die ware, egte, oorspronklike Tecquin PolyDroppers.

Tecquin PolyDroppers is teen sowat die helfte van die prys veel duursamer, doeltreffender en steelbestand as staaldroppers. Selfs Mittal Staal gebruik Tecquin PolyDroppers in nuwe omheinings rondom hulle eiendomme!

Tecquin PolyDroppers is uitmuntend vir alle soorte heinings vir alle soorte toepassings in alle klimaatsomstandighede – vir veeboere, perdeboere, volstruisboere en wildboere – selfs leeuboere.

Dit is mier- knaagdier-, suur-, sout- en roesbestand en kan in enige lengte verskaf word. Die dikte is altyd 28 mm en die wand 4 mm.

Tecquin PolyDropper verkoop regstreeks aan die publiek om die koste laag te hou. Bestel betyds en reël self vir vervoer vanaf Brits. Jy laai maklik 1 300 Tecquin PolyDroppers op ’n bakkie en nog ’n klomp op ’n sleepwa.

Om regte, egte, betroubare Tecquin PolyDroppers te bestel, praat met Mariaan by 012-250-1661 of Peet by 082-857-6946, of e-pos tecquin@iburst.co.za. Ons boere het genoeg probleme om nie nog met minderwaardige namaaksels te sukkel nie. Koop die regte, oorspronk­like produk by die regte mense: Tecquin PolyDroppers.

Onderwerpe: Omheining
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia