Loading
Handig
Selfs ’n skaap kan jou vertel: Alnet beskerm die boer se belange
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2008-04-01 | 1 Kommentaar
Puik 
 2
 | Swak 
 1

So woes warm word dit in Laingsburg dat ’n mens aan eie lyf voel die dorp kon eerder Kaiingsburg geheet het.

Stop nou ’n trop skaap saam in ’n kamp in hierdie hitte en al waaraan hulle kan dink om te doen is om warm te kry en geïrriteerd te raak. Van vreet en groei is daar weinig sprake.

Nogtans moes Andries Hartman van Hartman en Seuns Slagpale ’n plan maak om volhoubare, deurlopende voorsiening van slaglammers te verseker, want ’n groot klomp slaghuise en supermarkte in die Suid-Kaap wag watertand op die Hartmans se smaaklike skaapvleis en die boere kan nie altyd genoeg slaggereed lammers voorsien nie.

Die antwoord is natuurlik ’n voerkraal reg langs die slagpale, maar ’n voerkraal se winsgrens is maar laag en ’n man kan jou vasdraai as die son al die wins uit jou lammers braai.

Maar ’n boer maak ’n plan en as daardie plan ’n oproep na Alnet insluit is die saak meer as halfpad gewonne.

Andries, sy slimkopvriend, Le Roux Breytenbach, en Albert du Plooy van Alnet het koppe bymekaargesit en ’n skadunetbedekking vir ’n voerkraal vir 1 000 lammers bedink.

Die volgende beginsels is verreken:

  • ’n Voerkraal se grond moet effens skuins wees – nie so dat die skape moet bergklim waterbak toe nie, maar daar moet darem ’n afloop wees.
  • Die son se pad en heersende winde moet in ag geneem word om die voerkraal se vloer droog te hou en om belugting te verseker.
  • Die voeding moet gebalanseerd wees en jy moet beheer daaroor kan uitoefen. (Andries gebruik lusern, mielies en Mola­tek se skaapvetmes- en melassemeel.)
  • Die krippe moet reg wees. Andries-hulle vind ’n deurgesnyde 315mm plastiekpyp perfek. Elke skaap moet moet ’n driekwart meter vreetplek by die bak hê.
  • Waterbakke moet klein wees, vinnig volmaak, toeganklik wees en twee keer per dag skoongemaak word.
  • Elke skaap moet 2,5 vierkante meter persoonlike ruimte in die voerkraal hê.
  • Boere in warmer dele soos Laingsburg sal  by ’n 80% skadunet van Alnet baatvind.

Die verskil is dadelik sigbaar. Gaan voel en kyk maar self. Jy self sukkel half om uit die heerlike Alnet-skadu te bly en die skape ook. Hulle is rus­tiger, minder geïrri­teerd, eet meer, lyk sommer tevrede en slag 1,5 tot 2% meer uit.

Maar dit is nie al nie. Omdat daar nie broeiende toestande onder die skadunet is nie en omdat die wind kans kry om daaronder deur te waai, is daar geen las van vlieë en muggies nie.

Dit alles beteken dat Hartman en Seuns 1 000 gesonde voerkraallammers gereed het om van te slag wanneer hulle voorsiening as gevolg van skaarstes deur droogte of ander faktore wisselvallig raak. So goed werk die eksperiment dat Andries beoog om dit sommer gou-gou viervoudig uit te brei.

Jy kan ook vooruit boer met Alnet se voortreflike skadunet, bekwame diens, kundige raad en nuttige opleidingshandleiding. Bel Ernst Oosthuizen vandag nog by 083-412-5317.

Onderwerpe: Beeste | Kleinvee | Konstruksie
Lesers kommentaar
Posted by: Willie-Kruger_712
2011-08-13 @ 9:09:46
 Onder die hofie \"Die volgende beginsels is verreken\", die vierde punt stem ek nie heeltemal met die driekwartmeter vreetplek vir elke skaap saam nie. Ek glo dit moet seker \'n tikfout wees, lammers het op die meeste \'n 100mm vreetspasie nodig as die lammers ad libitum gevoer word.
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia