Kleinveeboerdery:-Van-konsepsie-tot-verkoop

Kejafa Knowlegde bied ‘n spesiale kursus aan vir kleinveeboere. Die twee-dag kursus vind op 29 en 30 Mei in Krugersdorp plaas en beloof om kleinveeboere alles te leer wat hulle behoort te weet. Die nuwe handleiding, “Boer met kleinvee” sal ook tydens die kursus bekendgestel word. 

“Van konsepsie tot verkoop” is ‘n kursus vir die skaap- en bokprodusent  waar boere kennis kry sowel as groot afslag op hulpbronne om hulle kleinveepraktyk te ondersteun. Dit word hoofsaaklik in Afrikaans aangebied met praktiese demonstrasies op kleinvee. Dit vind plaas by Cahi-Landbou se veilingsentrum op Tarlton.

Dag 1 sluit sprekers soos mnr Leon Kruger, van die LNR in, wat gaan praat oor veehantering, reproduksie en die grootmaak van lammers, terwyl verteenwoordigers van Taltec toerusting sal bespreek. Mnr Charlie Churr van Cahi-afslaers sal praat oor die doeltreffende aankoop van diere en prof Chris Dannhauser sal sy mening gee oor weiding. Nic Trailers se mense sal ook teenwoordig wees om oor die vervoer van diere te praat. Die dag sluit af met ‘n skemerkelkie en skaapbraai waartydens die nuwe handleiding – “Boer met kleinvee” bekendgestel gaan word.

Dag 2 bring sprekers soos mnr Peter Milton van Mildex wat veesiektes gaan bespreek, asook bemarking en skaapvoerkrale. Mnr Charlie Churr sit sy praatjie voort deur te praat oor wat ‘n mens by veilingskrale moet doen. Me Lize Marie Fourie van Bloemvet praat oor voorkoming van siekte en die belang om medisyne te verstaan. Die dag word afgesluit deur mnr Johan Olivier, ‘n bekende motiveringspreker.

Kostes beloop R1 800 per persoon en sluit verversings in. Verblyf kan gereël word.

Kontak Isak om jou plek te bespreek by kejafa@mweb.co.za of 011-0254388 voor of op 24 Mei 2013.