Loading
Handig
Kom kry gehalte in die Swartland
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2008-07-01 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Binnekort gaan ernstige skaapboere weer bymekaar kom vir Alexandershoek se Swartland Lenteveiling. Die plaas Alexandershoek is in die hartjie van die Swartland geleë, sowat 10 kilometer van Moorreesburg af.

Die boerdery staan bekend as die JC Kotzè-boerdery. Die SA Vleismerinostoet is in 1979 deur Johan Kotzè begin en word nou deur sy seun, Hannes, bestuur.

In die menswêreld word daar gereeld gesê: jy is wat jy eet. In die mededingende wêreld van karkasgehalte van skape, is hierdie spreekwoord nog meer van toepassing.

Daarom het Hannes in 2006 hande gevat met Prolick Meadow Wes-Kaap. Die tegniese adviseur, Nols Hanekom, het die Prolick-reeks aan die boerdery bekend gestel. Na intensiewe proewe en goeie resultate is daar oorgeskakel na Prolick se volledige reeks. Meadow is ook die hoofborg van die produksieveiling op 26 Augustus.

JC Kotzè-boerdery se prestasies op skoue en vei­lings spreek vanself. In 2007 het die boerdery die SA Senior Kampioenram (XK 5296) op die SA Nasionale Kampioenskap te Bloemfontein gelewer.

Ander onlangse skouprestasies was dié van Victor Ludorum by die Wes-Kaapse kampioenskap in 2007, asook by die Suid-Kaap Kampioenskap in 2008. (Senior Kampioenram, sowel as Reserwe Senior Kampioenram, Junior Kampioen­ooi, Kampioen-ooilam, asook Kampioenpaar.)

Die veilingsdatums vir 2008 is:
23 Julie: Wes-Kaap Promosieveiling (Boland Landbouskool)
6 Augustus: Nasionale Vei­ling (Bloemfontein)
26 Augustus: Swartland Lenteveiling (Alexanders­hoek)

Die jaarlikse produksievei­ling op die plaas self is die hoogtepunt. Hannes sê: “Wat die dag so besonders en suksesvol maak is dat almal op die plaas en ons hoofborg, Meadow, soos ’n familie saamwerk. Na die tyd eet en kuier ons almal lekker saam.”

Vir meer inligting oor die veilings, skakel Hannes Kotzè by 082-926-1179 of 022-433-2503. Om ook die voordele van die Prolick Meadow-program te smaak, skakel Nols Hanekom by 072-413-7841 of stuur ’n e-pos na nols.hanekom@meadowcape.

Onderwerpe: Kleinvee
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia