Loading
Handig
JC Kotze Boerdery: Dis SAVM kampioene net waar jy kyk!
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2010-09-03 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Prestasies en pryse is woorde wat dikwels saam met JC Kotzé Boerdery van Moorreesburg se SA Vleismerino’s genoem word.

Dis ook geen wonder nie, want dié boerdery is bekend vir die sukses wat hy landwyd by skoue en veilings behaal. Kyk net:

Hannes Kotzé het met 28 skape aan die 2010 Nasionale SAVM-skou op Bloemfontein deelgeneem en die volgende prestasies behaal:
 

  • Ooilam, 60 kg en ligter: 10 de plek uit 63
  • Ooilam, 60 tot 70 kg: 10 de plek uit 63
  • Ooilam, 70 tot 80 kg: 4 de, 5 de en 10 de plek uit 57
  • Ooilam, 80 kg +: 9 de en 10 de plek uit 29
  • Ramlam, 70 kg en ligter: 2 de en 4 de plek uit 45
  • Ramlam, 100 kg +: 9 de uit 36 skape
  • Ram, 125 kg en ligter: 1 ste uit 64
  • Ram, 140 tot 160 kg: 1 ste en 5 de uit 31
  • Senior kampioenskappe: Algeheel 5 de plek

Hannes het ook die derde meeste punte behaal van 37 telers met 722 inskrywings.

2010 Suid-Kaap Kampioenskappe op Riversdal:

  • Kampioenstel meerlinge
  • Kampioenpaar
  • Kampioen- en reserwekampioen-ooilam
  • Kampioen- en reserwekampioen-ooi
  • Kampioen- en reserwekampioen junior ram
  • Reserwekampioen-ram
  • Victor ludorum

Vanjaar se hoogtepunt is die jaarlikse Swartland-lenteveiling wat op sy plaas, Alexandershoek, naby Moorreesburg, gehou word. Besoekers sal die tradisionele gasvryheid, die gesellige saamkuier en die lekker ete geniet, maar ook die kans kry om kampioengenetika aan te skaf.

Vir meer inligting, praat met Hannes Kotzé by 082-926-1179 of 022-433-2503.

 

Onderwerpe: Kleinvee
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia