Loading
Handig
Boer vir gewig met West Front Tuli genetika
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2008-08-01 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Mense wat verlede jaar by West Front se veiling Tuli-beeste gekoop het, is almal baie ingenome. Ook geen wonder nie, want die Tuli is bekend vir sy vermoë om in ekstensiewe toestande te presteer, vir sy langlewendheid, gehardheid, goeie temperament, kruisteeltwaarde, ongelooflike goeie vleisgehalte en vir die koeie se mooi uiers wat oorge­noeg melk vir hulle kalwers produseer.

West Front se Tuli’s het aanvanklik vanaf Dullstroom, Vrede en Reitz sommer met die intrapslag by die Karoo-omstandig­hede aangepas. Hulle eet bossies en gras waarvoor hulle baie ver moet loop en presteer puik daarop. Diere wat verkoop word pas weer maklik in enige plek in die land aan.

Onder hierdie ekstensiewe toestande is die Tuli se vrugbaarheid byna ongelooflik. Verse word op 12 tot 15 maande by die bul gebring en nadat hulle gekalf het, raak hulle sonder uitsonde­ring weer beset.

Goeie nuus vir kopers is dat West Front net ’n beperke aantal beeste kan aanhou. Daarom is die 15 bulle en 40 vroulike diere wat aangebied word, volstrek nie diere waarvan bloot ontslae geraak wil word nie. Dit is top diere waarvoor die plaas bloot nie plek het nie. Van die bulle wat aangebied word is in West Front se eie stoet gebruik.

Onderwerpe: Beeste
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia