in , ,

Fees van groot geesdrif en goeie tegnologie – NAMPO 2017

NAMPO

‘n Nuwe rekordgetal van 78 648 besoekers het Graan SA se afgelope NAMPO Oesdag by Bothaville bygewoon. Graan SA sê: “Besoekers se positiwiteit was inspirerend en heelwat van die meer as 700 uitstallers rapporteer dat hulle goeie sake gedoen het.

“Verlede jaar hierdie tyd het produsente midde-in die ergste droogte in dekades mekaar tydens die NAMPO Oesdag moed ingepraat en planne uitgeruil. Hierdie jaar deel ons in mekaar se vreugde met die belowende oes wat op hande is,” het Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, gesê.

Die ProAgri-span het by baie uitstallers ’n draai gaan maak en kan boekdele skryf, maar hier is so ’n kort deursnit deur die verskeidenheid:

LEMKEN het die Heliodor 9 bekendgestel, wat die Heliodor 8 opvolg. Die skottels is 510 mm groot teenoor Heliodor 8 se 465 mm. Die kombinasiebewerker is semi-gemonteer tot by 7 meter wyd. In teenstelling met die bekende Rubin se onafhanklik geveerde skottels, is die Heliodor se skottels net aan ’n bladveer vas wat hulle bietjie minder beweeglik maak maar sorg vir ’n egalige snit tot 12 cm diep. Dit is geskik vir enige tipe droëlandgrond en werk uitstekend vir die hantering van opslagplante en voorbereiding van die saadbed.

Lemken

lemken

Lemken

Nog ’n nuwigheid by LEMKEN is die gebruik van ’n hidrouliese sleepstang by die Karat (6 en 7 meter) en die Rubin 12 (6 en 7 meter). Met een verstelling voor jy begin werk sal die masjien nou outomaties gelyk bly hoe vlak of diep jy ook al werk en jy kan die krag benut van jou groot knaktrekker wat dikwels nie ’n driepunthyser het nie. Karel Munnik van LEMKEN gesels hier met Paul en Tia de Wet van Kestell.

Lemken

Goscor Power Products het twee nuwe enjins in hulle reeks produkte, wat wissel van brandbestrydingstoerusting tot waterpompe en spuite, by NAMPO gewys. Mark Bester, besturende direkteur van Goscor Power Products, sê dat baie van die produkte in die Goscor-groep spesifiek gemik is op landbou en ook deur landbouwinkels versprei word. Veral die reeks “saggiesloop” kragopwekkers en dieselaangedrewe besproeiingspompe het boere laat nader staan. Daar is ook vanjaar vir die eerste keer van die standplaas af produkte verkoop wat boere net in Bothaville kon gaan oplaai.

Goscor

Een van die nuwe enjins wat uitstekend werk om brandbestrydingstoerusting agter op ’n bakkie aan te dryf, is die Rato.

Goscor

Kubota se gatgroudemonstrasies het veral die boere se aandag getrek, asook die spesiale skou-aanbod op die veelsydige L45 wat diens kan doen as ’n gewone trekker, slootgrawer, stootskraper, laaigraaf, hyser, voerhanteerder en amper enige werk wat ’n boer maar kan uitdink.

Kubota

By NAMPO is daar ook klem geplaas op ander produkte in die Smith Power-groep wat sinvol op plase gebruik kan word soos Polaris en Linhai. Diesel is duur en ligte, beweeglike, veeldoelige voertuie wat mense en ligte vragte kan aanry, sleepwerk kan doen, vir wildritte en jagters gebruik kan word en selfs voor sekere werktuie ingespan kan word, raak onontbeerlik op die plaas. “En dit sorg darem ook vir ’n bietjie pret,” sê Mark Chitenden, verkoopsbestuurder, Linhai.

Kubota

Kubota

SA Vleismerino’s

Jan Vosloo, rasdirekteur van SA Vleismerino; Neline Pienaar, klubsekretaresse van Noord-Vrystaat SA Vleismerino en Hennie Blomerus, voorsitter van Noord-Vrystaat SA Vleismerino op NAMPO by hulle standplaas. “NAMPO was baie besig en hier was baie boere van Botswana, Zambië en ook nuwe boere wat belangstel om met SA Vleismerino’s te boer, wat ons baie opgewonde maak,” sê Neline.

SA vleismerino

SA vleismerino

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

SA Vleismerino hou ‘n Megaboere-skaapinligtingsdag en klubveiling

Daar is gewone trekkers…en dan is daar FENDT