Energieminister jaag wind na

Die Minister van Energie, Dipuo Peters, gaan sy deel doen om Suid-Afrika net so bietjie groener te maak. Hy het onlangs die Red Cap Kouga-windplaas, ‘n R2-miljard windturbineprojek in die Oos-Kaap amptelik geopen.

Die projek wat die land van alternatiewe, hernubare, energie sal voorsien behoort teen die einde van 2014 in werking te kom. Die projek bestaan uit 32 windturbines wat 80 megawatt krag sal opwerk.

Die Red Cap Kouga-windplaas sal na raming meer as R250 miljoen instoot in gemeenskapsopheffingsprojekte. 

Volgens mnr Mark Tanton van Red Cap Beleggings is die windplaas die eerste stap om ‘n eg Suid-Afrikaanse hernubare-energie portefeulje te ontwikkel. Red Cap Kouga-windplaas word gefinansier deur Inspired Evolution, ‘n maatskappy van Kaapstad, asook Standard Bank en die Industrial Development Corporation.
 

Bron: Farming Portal
 

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Follow by Email
Facebook
Facebook
YouTube