in

Bekende boer by Vredefort vermoor

This post is also available in: Afrikaans

‘n Bekende boer, weldoener en gemeenskapsleier, Dirk Steenkamp is vroeg Sondagoggend op sy plaas in die Vredefort-omgewing vermoor. “Moorde en ander geweldsmisdade waaronder die landbougemeenskap voortdurend gebuk gaan spreek van ‘n gemeenskap waarin daar ernstige tekortkominge met die uitleef van waardes en die respek vir lewe is,” sê Dan Kriek, president van Agri SA.

Dirk was in die gemeenskap bekend as ‘n weldoener wat nooit gehuiwer het om behoeftige mense te help nie. Hy was ook die eienaar van die Boerefort-landbouwinkel op Vredefort.

Agri SA sê Die Steenkamp-moord het weer eens die fokus geplaas op die sinneloosheid en lafhartigheid van die daad, asook die kwesbaarheid van boere en plaaswerkers wat in die buitelug hulle werk moet doen in belang van die land. Die moord het onmeetbare hartseer en woede vir sy familie, plaaswerkers en die gemeenskap tot gevolg. Mnr Kriek het namens Agri SA sy meegevoel met die Steenkamp-familie uitgespreek en ‘n beroep op die polisie gedoen om die aanvallers so spoedig moontlik aan te keer.

“Die onverantwoordelike en roekelose uitsprake oor die grondkwessie wat op ‘n gereelde basis in die media gerapporteer word, lei tot die polarisasie van mense en gemeenskappe, asook die aanhitsing van geweld teenoor ‘n sekere groep van die samelewing. Die tipe uitsprake hoort nie tuis in ‘n samelewing waarin onderlinge respek en verdraagsaamheid noodsaaklik is vir nasiebou en stabiliteit nie”, sê mnr Kriek.

Hy sê verder dat, “ongekwalifiseerde uitsprake oor grond katastrofies vir landbou-ontwikkeling en verdere belegging in die landbou is, veral omdat dit op ongegronde en verkeerde aannames gebaseer word. Hierdie uitsprake kan deur sekere individue vertolk word as ‘n regverdiging om lede van die boerderygemeenskap aan te val en te vermoor”.

“Ons glo dat daar nog genoegsame verbintenisse tot die handhawing van die beginsels van die Grondwet in die regering is om toe te sien dat landbou steeds sy regmatige plek in die ekonomie sal behou, werk te skep en toe te sien dat die landbou steeds voldoen aan die beginsel van voedselsekerheid.”

Mnr Kriek het ‘n beroep gedoen op landbougemeenskappe om hulle plaaslike veiligheidstrukture te ondersteun en in gemeenskapsverband met die polisie saam te werk om hulle eie paraatheid op te skerp. Geen beskermingsmaatreëls is egter ‘n waarborg dat ‘n plaasaanval nie sal plaasvind nie, maar dit kan die aanval vertraag en inwoners ‘n kans gee om noodmaatreëls in werking te stel.

Hennie du Toit, bestuurder van Boerefort het ook sy skok en verontwaardiging uitgespreek.

Hy het die versekering gegee dat Boerefort sal voortgaan met sake en soos altyd die gemeenskap sal ondersteun.

Die begrafnis sal Donderdag plaasvind.

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

2 Comments

  1. Van Wyk Louw skryf in 1937: Moet ons ook toorn hê, moet die donker haat saam in gelid naas ons wit liefde loop, naas ons trots vreugde en wapenblink hoop, en langs ons hoë erns gaan in die raad? Dít sal ons dan haat: ou magte wat ons krenk met die smaad van hul jare, omdat hulle oud en vol onmenslike hunkerings is, die goud meer liefhet as mooi lewe, en ons deurdrenk gestadiglik met woorde wat geen sin het van “breedheid” en “gelykheid”, dat ons ras kan weg smelt in die donkerbloedige plas, en woorde klaar maak wat geweld begin het. Dié sal ons haat, en “haat” naas “liefde” sê dat ons weer mense menslik lief kan hê.

  2. dis so verskriklik tragies – mens sal so graag wil weet dat elke boer bewapen is 24 uur per dag – hierdie is n terroristestryd en aanvalle en lokvalle vind enige tyd plaas – ongelukkig word van ons vereis om so paraat te wees soos op patrollie destyds in angola en caprivi – sonder wapens is ons nikswerd – wat aan die lig gekom het is dat aanvallers plase vermy waar hul weet gereeld geskiet word, oefening teikenskiet sportskiet ens.

Weima

Goscor Power Products to showcase full Weima range at NAMPO 2018

Dom Boer se lag vir die dag: