in

Dom Boer se lag vir die dag:

Dalk effens oorhaastig?

Die geldgierige winkelbestuurder hoor hoe een van sy klerke vir ‘n klant sê: “Nee Mevrou, ons het baie lanklaas gehad en as ek dinge so bekyk dink ek nie ons sal gou kry nie.”

Die winkelbestuurder storm nader en sê aan die klant: “Ek kan u verseker dit sal binnekort hier wees. Ons het dit verlede week al bestel.”

Die vrou loop verbaas uit die winkel en die woedende winkeleienaar takel die stomme klerk: “’n Mens sê nooit, nooit, NOOIT vir ‘n klant jy het nie iets nie! Jy verkoop iets soortgelyk of jy sê dit is bestel en sal binnekort hier wees! Wat wou die vrou gehad het?”

Klerk: “Sy wou weet wanneer laas ons reën gehad het.”

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

farmtrac

Zulu King receives Farmtrac tractors

Elektrisiteitswet: Lisensievrystellings word uiteindelik in werking gestel