in

Die veiligheid in Limpopo

agri limpopo

This post is also available in: Afrikaans

TLU SA Noord en Agri Limpopo het reeds in 2015 organisatoriese grense afgebreek en op landelike veiligheid begin saamwerk. Hierdie samewerkingspoging het ook onbetrokke boere en privaat sekuriteitsmaatskappye en op plekke ook GPF strukture  ingesluit.

Die liggaam wat hieruit tot stand gekom het staan in landelike veiligheidskringe in Limpopo bekend as Limpopo Landbou Forum Veiligheid  (LLFV).  Die groep word deur die Provinsiale SAPD bevelstruktuur erken as die verteenwoordigende landelike veiligheidstruktuur. Hulle verteenwoordig ook die leiersgroep, landelike veiligheid, op die landelike veiligheid prioriteitskomitee wat kwartaalliks met die SAPD en ander rolspelers vergader.

Limpopo Landbou Forum Veiligheid het op 30 Januarie 2018 hulle eerste vergadering vir 2018 gehou. Daar was verteenwoordigers van regoor die provinsie. Die gebiede wat nog nie verteenwoordiging op die struktuur gewys het nie, sal binnekort besoek word om hulle deelname aan die forum aan te moedig.

’n Landelike veiligheid aksieplan is tydens die vergadering geformuleer wat op 7 Februarie 2018 aan die Provinsiale Kommissaris voorgelê sal word. Die plan berus sterk op die Limpopo Landelike Veiligheidsplan van die Provinsiale SAPD wat gedurende September 2017 uitgereik was en deur alle rolspelers onderteken is. LLFV se aksieplan vir 2018 het daarom ten doel om aan die Provinsiale Landelike Veiligheidsplan uitvoering te gee.

Die aksieplan vir 2018 berus verder op goeie samewerking tussen Landelike Veiligheidstrukture en die SAPD.

Die bestuur en lede van LLFV in samewerking met die Provinsiale SAPD is oortuig dat die aksieplan en die provinsiale Landelike Veiligheidsplan tot beter landelike veiligheid sal lei. Limpopo se ekonomie steun swaar op landbou en landboubedrywe en dit kan slegs binne ’n veilige omgewing tot sy volle reg kom.

Enige landelike veiligheidstruktuur of plaaswag wat nog nie deel van LLFV is nie word uitgenooi om die kantoor van Agri Limpopo by 015-065-0669/082-451-7913 of die Streekkantoor van TLU SA Noord by 082-555-4553/082-774-9287 te skakel, sodat u deel van die Limpopo Landelike Veiligheidstruktuur kan word.

Bron: TLU SA Noord, Agri Limpopo

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Bonnox

Beskerm jou beeste met ’n Bonnox-fort

blueberry

Sustainable farming practices pave the way for growth and continuity in the local agri sector