in

Clover verander lae-vet melk om by wetgewing aan te pas

Clover gaan ‘n verandering in die vet-inhoud van hulle lae-vet melkvariant in werking stel. Volgens die regering moet lae-vet melk die volgende bevat: Tussen 0,5% en 1,5% bottervet (room). Melk tussen 1,6% en 3,3% gaan in ‘n nuwe kategorie naamlik medium-vet kategorie val.

Clover staar die opsie in die gesig om òf die melkvet te verminder na ‘n 2% lae-vet opsie òf om ‘n nuwe kategorie genaamd medium-vet melk te skep.

“Ons maak ‘n punt daarvan om ons kliënte se behoeftes in ag te neem. Nadat ons geluister het wat ons kliënte te sê het en volgens hulle terugvoering, was die besluit om die vet-inhoud na 1,5% te verminder, wat in ooreenstemming met die regering se wetgewing is,” sê Clover se bemarkingsbestuurder van suiwel, Sherian King.

Nadat ons blindelings kliënte laat proe het, het die meeste nie die verskil in die verminderde vetmelk geproe nie. Dit is ook belangrik om op te merk dat Clover se volroommelk en vetvrye melkprodukte dieselfde as voorheen sal bly. Die vet-inhoud van volroommelk volgens wetgewing is 3,3%.

“Ons kliënte wat lae-vet melk verkies kan dit steeds met ‘n geruste hart gebruik, want Clover se gehalte bly goed,” sê die produkontwikkelingsbestuurder, Piet Laubscher.

Clover se belofte van “Way Better” bly steeds dieselfde na die veranderinge. Clover se varsmelk ondergaan 55 gehaltetoetse en word koud gehou terwyl hulle dit versprei om die varsheid te behou.

“Alle melk is gepasteuriseerd deur die verhitting van die melk om dit veilig vir menslike gebruik te maak. Nadat dit gepasteuriseerd is, word daar ‘n proses genaamd bactofugation gebruik, wat die melk spin sodat bykomende bakteria verwyder kan word.  Nie alle maatskappye doen dit nie, maar ons het in tegnologie belê om aan kliënte beter melkgehalte te verskaf en ‘n langer raklewe vir melk te gee wat nou van 12 tot 18 dae verleng is,” se Anton Pretorius, groepbestuurder vir produkinnovasie en tegnologie.

 “Soos met alle Clover-melkprodukte vind homogenisasie plaas wat die skeiding van melk en vet verhoed en wat ‘n laag bo-op die melk veroorsaak. Homogenisasie breek baie fyn deeltjies af deur die melk deur ‘n klein gaatjie te pomp wat dit onder 250 bar se druk plaas. Ons doen dit sodat daar nie ‘n olierige laag bo-op koffie of tee voorkom nie. Die laaste ding wat ons wil hê is vir melk om volroom by ontbyt te wees en vetvry by aandete.”

“Ons vul ons melk met wat ons noem ‘clean fill environment’. Dit word gedoen sodat melk nie in kontak kom met bakterieë in die lug nie,” sê Anton.

Bron: Bizcommunity

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Oespryse goed genoeg vir kunsmisaankope

Só lyk die jongste oesskatting