in

Boere in die Oos- en Noord-Kaap ook onder druk oor waterkrisis

drought

Terwyl daar baie nuus in die landboubedryf en landswyd is oor die dag Zero wat nader staan vir Kaapstad, kry ander provinsies in Suid-Afrika soos die Oos- en Noord-Kaap ook swaar as gevolg van ‘n watertekort.

Dag Zero in die Wes-Kaap gaan volgens voorspellings in Mei vanjaar plaasvind. Dit sal hoofsaaklik afhang van die aanvraag en die gebruik van water deur alternatiewe bronne soos boorgate.

“Daar moet ook bekommernis wees oor die waterprobleem in die Oos-Kaap en die Noord-Kaap,” se Dawie Maree, hoof van bemarking en inligting by FNB Landbou-afdeling.

Die Oos-Kaap en die Noord-Kaap staar dieselfde waterkrisis as die Wes-Kaap in die gesig. Die Kougadam wat water aan Port Elizabeth en die omliggende landelike gebiede in die Oos-Kaap verskaf, het ‘n damvlak gehad wat op 9,2% gestaan het vir die week geëindig 2 Februarie voor dit onlangs gereën het. Die reën sal dit waarskynlik na 12% toe lig. Die westelike dele van die Noord-Kaap ervaar ook ‘n droogte en die veeboere in hierdie streek is onder geweldige druk.

Impak op die landboubedryf

“Die onmiddellike impak van die droogte sal veral op kontantgewasse soos groente en vee ‘n uitwerking hê as gevolg van hulle hoë waterbehoeftes, terwyl meerjarige gewasse soos vrugte met dieper wortelstelsels dalk ‘n bietjie langer kan hou. As die droogte vir nog ‘n seisoen gaan voortduur gaan dit ernstige gevolge hê vir bome wat lank vat om te groei indien dit herplant moet word,” verduidelik Dawie.

Die ware impak van die droogte sal in wese afhang van hoe die winterreënseisoen in die Wes-Kaap en ander dele van die land afspeel.

Bron: Bizcommunity

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Saro Agro provides the power to propel farming

KwêBeams swaai die skaal in jóú guns – Spesiale aanbod aan ProAgri-lesers!