in ,

Beskerm jou beeste met ’n Bonnox-fort

Bonnox
Johan Engelbrecht se Bonnox-heining slaag daarin om veediewe uit sy kamp te hou en sy Brahmane binne te hou.

This post is also available in: Afrikaans

Diefstal op plase is ’n groot kopseer en dit noop boere om deesdae ’n aardige persentasie van hulle begroting aan sekerheid toe te wys. Johan Engelbrecht is ’n boer wat ’n verbete stryd teen vee- en ander diefstal op sy plaas voer. Hy boer tussen Fochville en Vereeniging en hy laat selfs sy Brahmane se horings uitgroei sodat hulle hulleself teen veediewe kan verdedig.

Hy moet bedags ook drie veewagters in die veld hê om sy diere op te pas. Johan het ook sy teelseisoen so beplan dat hy regdeur die jaar kwaai koeie in die trop het wat moet help om die trop te beveilig. Misdaad verplig Johan ook om sy beeste elke aand naby sy huis op kraal te jaag. “Ons het glad nie heinings of grensdrade verder op die plaas nie want hulle steel dit af, so die beeste moet saans in die kraal slaap,” sê hy.

Hy het besef dat wat nodig was om hulle binne te hou en die veediewe se werk te bemoeilik was blokkiesdraad, want dit vat langer om te knip. Drie jaar gelede het hy besluit om Bonnox op die proef te stel om sy kosbare diere te beskerm.

“Ons het ’n paar jaar gelede besluit om die blokkiesdraad te probeer, spesifiek dié van Bonnox. Buiten die sekerheidsvoordeel het die beeste die heinings wat ons voorheen opgehad het, selfs die elektries heinings, met hulle koppe opgedruk om die gras aan die anderkant van die draad te vreet. Met die gespook verrinneweer hulle die draad en dan breek dit. Met die blokkiesdraad kan hulle nie hulle koppe deur die draad druk nie. Dit is hoekom ons besluit het om hierdie produk te probeer. Jy moet hom net baie styf span,” sê hy.

Johan se derde beweegrede was dat die heining baie gou opgerig kan word. Hy sê: “Jy rig regtig in ’n baie kort tydjie kilometers op as jy wil. Teen Bonnox se regulasies het ek vir my ’n klamp gemaak waarin jy die draad vassit en dan het ek dit met die trekker styfgetrek, en die proses met die volgende 100-meter rol herhaal. Jy kan regtig met min hulp so ’n heining oprig. Ons kon die hele kraal van 1 100 meter in twee dae span. As jou trekpale en stutpale staan, is dit baie vinnig.”

Johan moes houtpale gebruik in plaas van die gebruiklike y-pale omdat ysters op sy plaas baie gou wegraak. Johan het besluit om ’n 1,4 meter draad in Bonnox se Moneysaver-reeks te gebruik sodat sy beeste nie oorspring nie, en om daardie broodnodige ekstra sterkte te gee. “Dit werk uitstekend vir krale omspan en kan selfs goed werk vir sekuriteit rondom huis. Dit is baie lig en maklik om te hanteer en op te rig.”

Skakel 076-169-9068, 012-666-8717 of stuur n e-pos aan Linda@bonnox.co.za, Gerda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za. Besoek ook hulle webwerf by www.bonnox.co.za.

Bonnox
Johan moes houtpale gebruik om sy Bonnox-draad te span omdat die diewe sy staalpale wegdra.

Bonnox
Johan se beeste moet elke aand in ’n kraal naby sy huis slaap om hulle uit die kloue van veediewe te hou.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Vir presisietoerusting en knap diens, koop by Cerealis

agri limpopo

Die veiligheid in Limpopo