in

Benut weiding wys met Bonnox-kitskrale

This post is also available in: Afrikaans

Die volle benutting van elke moontlike bekvol gras is wat nodig is om boere deur die nadraai van die droogte
te help. Bonnox, die leier in topgehalte omheinings, is voortdurend aan’t planne maak om die boer se lewe makliker, geriefliker en lonender te maak, en hulle bied ook die oplossing vir die volledige benutting van elke krieseltjie gras deur skape, bokke en kalwers met hulle Kitskraal. (Portapen).

Bonnox se Kitskraal is van ligversinkte gesweiste maasdraad gemaak en is, soos al Bonnox se produkte, maklik om op te rig, duursaam, doeltreffend, netjies en stewig. ‘n Bonnox-kitskraal word maklik vervoer en kos heelwat minder
as wat ‘n mens sou dink. Wanneer hy opgeslaan is, vorm hy ‘n sirkel met ‘n deursnee van 10 meter, maar ‘n mens kan dit ook in die hoek van ‘n bestaande kamp of in ‘n halfmaan teen ‘n bestaande heining oprig. Jy kan ook drie Kitskrale soos ‘n blommetjie se blare rangskik om ‘n groter oppervlakte op ‘n slag te bewei. Die opsies is so wyd soos die boer se verbeelding. Die Kitskraal is 1,2 meter hoog en in 2 opsies beskikbaar: ‘n goedkoper 2,5 mm dikte maas wat 27 kg weeg, of ‘n stewiger 3,15 mm dikte maas wat 45 kg weeg. Die gate in die maas is 100 mm by 100 mm, sodat selfs Dorpers en boerbokke suksesvol binne gehou word. Elke Kitskraal is groot genoeg om sowat tien skape gemaklik te laat wei.

Om ‘n Bonnox-kitskraal op te slaan, is so maklik soos melktert eet:
• Slaan ‘n Y-paal in die grond.
• Maak een punt van die Kitskraal met binddraad daaraan vas.
• Rol die hele kraal in ‘n sirkel uit totdat die ander punt by die Y-paal kom.
• Slaan nog 3 Y-pale in en maak die Kitskraal daaraan vas vir bykomende stewigheid.
• Skuif die los punt van die Kitskraal na binne om ‘n gangetjie te vorm waardeur die diere die sirkel kan binnegaan.
• Jaag die skape in of lok hulle met ‘n handjievol mielies.
• Maak die los punt van die kraal vasdeur ‘n spar deur die ringetjies te sit vir maklike toegang. 

Daar is slegs twee tot drie mense nodig om die Kitskraal maklik op te rig. Bonnox se Kitskraal stel die boer in staat om nou gras te benut wat voorheen nie beweibaar was nie, soos tussen vrugtebome, op wenakkers en selfs op grasperke om die huis sonder om skade aan ander plante aan te rig. Nog ‘n voordeel van die Kitskraal is gekonsentreerde beweiding, waarvan die nut ook reeds met strookbeweidingspraktyke bewys is: Die diere word gedwing om op ‘n klein stukkie gras te wei, waar hulle nie kan rondloop en net die smaaklikste gras uitsoek nie. Alles word gevreet en die smaaklike gras word nie uiteindelik so oorbenut dat dit deur minder smaaklike grassoorte oorgroei word nie. Terselfdertyd bemes die diere die stukkie binne die Kitskraal ordentlik, wat bevorderlik is vir hergroei, en die diere loop nie so ver en baie rond nie, wat grondvertrapping verminder. Aanbieders van boeredae en
kursusse kan gerus ook kyk na die voordele van die ligte en kompakte Kitskraal in plaas daarvan om vragte
vol hekkies aan te ry. Jou demonstrasieskape en kraal pas sommer saam agter op die bakkie.

Dit is kinderspeletjies om ‘n Bonnox-kitskraal op te rig. Die kort, maklike proses begin met die inslaan van ‘n Y-paal waaraan die een punt van die kraal vasgemaak word.
Dit is kinderspeletjies om ‘n Bonnox-kitskraal op te rig. Die kort, maklike proses begin met die inslaan van ‘n Y-paal waaraan die een punt van die kraal vasgemaak word.
Daarna word die rol in ‘n sirkelvorm afgerol.
Daarna word die rol in ‘n sirkelvorm afgerol.
Braam Swart is ‘n sorgsame boer asook ‘n onafhanklike oprigtingskontrakteur. Hier sorg hy dat die Bonnox kitskraal mooi rond geplaas word.
Braam Swart is ‘n sorgsame boer asook ‘n onafhanklike
oprigtingskontrakteur. Hier sorg hy dat die Bonnox kitskraal mooi rond geplaas word.

Vir ‘n groot verskeidenheid topgehalte heinings skakel Bonnox se vriendelike, behulpsame
verkoopspan by 012-666-8717 of e-pos sales@bonnox.co.za. Besoek gerus www.bonnox.co.za vir meer inligting oor Bonnox se skitterende reeks en voortrefl ike diens aan die vee- en wildboer. Kyk na Bonnox se video op www.bonnox.co.za

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Valtrac se Pecus kerf kuilvoer dat dit klap

Veeboere: Gratis aanlyn-veeregister beskikbaar