in

Bayer maak hulle eerste SeedGrowth-sentrum in Afrika oop

Bayer SA het ‘n multi-miljoenrand SeedGrowth-sentrum, die eerste van sy soort in Afrika, geopen. Dit is by Bayer se Produksie-aanleg in Nigel net buite Johannesburg. Die oprigting van die Sentrum is ‘n herbevestiging van Bayer se toewyding aan die landbousektor in die streek en is een van slegs 16 sulke sentrums in die wêreld.

Die SeedGrowth-sentrum het die potensiaal om boere in die streek te help om hulle opbrengste in sleutelgewasse te verhoog en is ingestel op ‘n reeks voordele vir elke speler in die saadbehandeling-waardeketting wat hoë-gehalte en skeppende produkte insluit.

Die doelwit is hoër produktiwiteit, winsgewendheid en volhoubaarheid van boerderye. Voortgesette navorsing sal Bayer toelaat om oplossings te bied aan saadmaatskappye asook voordele vir oeste te verskaf soos verbeterde plaag- en siektebestuur aan boere.

Dr Klaus Eckstein, besturende direkteur en hoof van Gewasbeskerming (Crop Science) vir Bayer Suider-Afrika, sê: Ons het die geleentheid gesien om die nuutste in navorsing op ‘n plaaslike vlak te verskaf om ons boere te ondersteun. Ons glo deur saadbehandeling het ons die regte hulpmiddel om ook waarde te voeg aan die ontwikkelende boer deur saadbehandeling wat die opbrengste met 30% per hektaar en meer kan verhoog. By Bayer glo ons dat om saad in Afrika te behandel boere kan ondersteun om kommersieel lewensvatbaar te wees.

Die sentrum sal die bedryf verder ondersteun deur:

  • Die opleiding van saadmaatskappye se produksiepersoneel
  • Saadmaatskappye te ondersteun in ‘n proefaanleg-omgewing
  • Op te tree as ‘n basis vir navorsing soos saadbehandelingtegnologie
  • Te demonstreer hoe Bayer se toerusting werk

“Die geheel is meer as die som van die afsonderlike dele, dit is wat Bayer se SeedGrowth-sentrum vir aandeelhouers in die saadbehandelingsmaatskappye gaan bied. Ons SeedGrowth-sentrum bring insiggewende tegnologie bymekaar om landbou-inisiatiewe te ondersteun. Ons is opgewonde om ‘n aanleg te open waardeur die hele landbougemeenskap geraak gaan word,” sê dr Klaus.

Bron: Caitlin Hawken, Orange Ink

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Nog meer beskerming vir boerderygemeenskappe

Dom Boer se lag vir die dag: