in

Bayer hou aan groei as dieregesondheidsorganisasie in Suid-Afrika

Die verspreidingsooreenkoms tussen Bayer en Onderstepoort Biologiese produkte (OBP) het tot ‘n einde gekom. Vanaf 1 April 2016 het Bayer Suid-Afrika PTY Ltd die verspreiding en bemarking van alle OBP produkte stopgesit.

Bayer is ‘n internasionale onderneming met kernvaardighede in die lewenswetenskappe veld van gesondheidsorg en landbou. Hulle produkte en dienste is ontwerp om tot voordeel van alle mense te wees. Bayer groei in die Suid-Afrikaanse mark met hulle nuwe produkte wat in 2016 bekend gestel gaan word.

Volgens dr György Polgár, hoof van die dieregesondheidsorganisasie eenheid in Suider Afrika, gaan hierdie skuif Bayer toelaat om te konsentreer op die organisasie se kernaktiwiteite soos die produksie en bemarking van veeartsenykundige voorbereidings en teen-parasietmiddels.

Sudox, Bayer se nuwe revolusionêre breë spektrum parasietmiddels vir beeste en skape gaan vanaf Mei beskikbaar wees in Suid-Afrika.

Die innoverende, gebruikersvriendelike formulasies van Brutel, Lintex en Endotape gaan ook amper beskikbaar wees.

Bayer se nuwe reeks dieregesondheidsprodukte vir die plaasdiere word beplan om bekend gestel te word in die tweede helfte van hierdie jaar.

“Bayer het nog altyd vir boere en veeartse innoverende medisyne en oplossings aangebied wat bydra tot die kwaliteit lewe en gesondheid  van plaasdiere.  Hierdie toewyding gaan verder versterk word deur ons dieregesondheidsproduklyn vir 2016,” sê dr Polgár.

Om op hoogte te bly van Bayer se nuwe dieregesondheidsprodukte, besoek http://animalhealth.bayer.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Dom Boer se lag vir die dag: