in

Bayer dra by tot die droogterampfonds

Bayer Suid-Afrika het bekend gemaak dat die maatskappy ook tot die droogterampfonds, wat deur Senwes gestig is, gaan bydra. Die fonds word deur Agri SA ondersteun.

“Boere wat met vee en gewasse boer is die ergste deur die droogte geraak veral oor die tekort aan water en die hittegolf. Die gevolge wat hierdie faktore vir die diere en die voedselsekuriteit inhou kan nie onderskat word nie,” sê dr Klaus Eckstein, besturende direkteur van Bayer.

“Die droogte het nie net nóú ‘n impak op die land en die boere nie, daar gaan nog lank na die droogte verby is ook gevolge daarvan na vore kom. Ons as gemeenskap moet saam staan in sulke tye,” voeg hy by.

Agri SA se adjunk uitvoerende bestuurder, Christo van der Rheede sê: “Agri SA, wat in vennootskap is met Bayer, wil nie net die gevolge van die droogte verminder nie, maar wil ‘n langer verhouding bou om Suid-Afrika se landboubedryf te bemagtig.”

“Baie mense aanvaar kos as vanselfsprekend, maar dit is voortdurende ontwikkeling wat sorg dat die wêreld kan eet. Vir volhoubare voedselproduksie is saad, oesbeskerming en die gebruik van die regte hulpbronne belangrik,” sê dr Eckstein.

Bron: bizcommunity

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Bird flu epidemic devastates Nigeria

Region faces transport bottlenecks in grain movement