Latest stories

  • in

    Dom Boer se lag van die dag:

    Erger as die galg Is die storie waar wat hulle my vertel dat die Departement van Korrektiewe Dienste nou al Haas Wankeleier se musiekpierings opkoop? Hulle wil dit glo vir die gevangenes speel as deel van hulle straf. More

  • in

    Dom Boer se lag vir die dag:

    Stremmende werk Is die storie waar wat hulle my vertel dat die beweerde sanger, Haas Wankelkop, sy huis laat verf het en hy gee toe vir elkeen van die verwers ‘n gratis kaartjie vir sy konsert? En toe hulle rekening vir die verfwerk kom, eis elkeen van hulle R900 oortyd vir “Bywoning van konsert”. More

  • in

    Dom Boer se lag vir die dag:

    Toe wees nou windgat… Ja, die rekenaar kraai nou lekker oor hy my twee keer met skaak gewen het. Maar nou gaan ek sy smoel vir hom snoer – ek daag hom uit vir drie rondes skopboks… More

  • in

    Dom Boer se lag vir die dag:

    ‘n Boer maak ‘n plan ‘n Ou skop die kroeg se deur oop en skree: “Wie is die sterkste man in hierdie kroeg?” ‘n Groot ou met dik arms staan op, slaan op sy geweldige borskas en grom: “Ek is die sterkste en wat daarvan?” Die eerste ou antwoord: “My kar het sonder petrol gaan […] More

  • grappe
    in

    Dom Boer se lag vir die dag:

    Eerste dinge eerste ‘n Verslonsde vreemdeling loop ‘n man voor Sondestad by: “Meneer, kan jy my nie asseblief help met so vyfhonderd rand nie? Ek het geen plek om te slaap nie en ek het vir drie dae nie geëet nie.” Man: “Hoe moet ek weet jy gaan nie die geld vat en uitdobbel nie?” […] More

  • in

    Dom Boer se lag vir die dag:

    Regtig gehoor Hennie: “Ek hoor ‘n storie dat Gryp Bakhand net met Handjies Gevou getrou het omdat sy ‘n Bosveldplaas van tienduisend hektaar van haar oupa geërf het.” Bennie: “Wel dis volstrek nie die waarheid nie. Ek ken vir Gryp Bakhand al jare lank en ek kan met oortuiging verklaar dat hy met Handjies Gevou […] More

  • in

    Dom Boer se lag vir die dag:

    Formele onthaal Gasvrou: “Waar is jou broer? Hy was mos ook genooi.” Hennie: “Net een van ons kon kom, want die ander een moet die plaas oppas. Ons het toe ‘n muntstuk opgeskiet…” Gasvrou: “O, en jy het gewen?” Hennie: “Nee, ek het verloor.” More

  • in

    Dom Boer se lag vir die dag:

    Nare waarheid Die enigste mense wat ooit na albei kante van ‘n argument luister, is die bure. More

  • in

    Dom Boer se lag vir die dag:

    Vra liewer nie Terwyl Professor Vervelig ‘n droë lesing aanbied, merk hy dat al die studente onbeskaamd sit en slaap, behalwe een dametjie wat hom met groot, wakker oë en ‘n breë, vriendelike glimlag aankyk. Na die lesing keer hy haar voor en sê: “Het u die lesing interessant gevind? Ek het gemerk dat u […] More

  • in

    Dom Boer se lag vir die dag:

    Gedeelde probleme Is die storie waar wat hulle my vertel dat die motorhandelaar se vrou ‘n ingevoerde kookboek present gekry het, maar nou sukkel sy om onderdele vir al die resepte te kry? More

  • in

    Dom Boer se lag vir die dag:

    Die regte man tot die redding Destyds het die meeste jongmanne na matriek hulle diensplig gaan doen, maar party het vrystelling gery om eers te gaan studeer voordat hulle weermag toe is. So staan ‘n korporaal op ‘n dag voor ‘n groep pasgegradueerde rowe in ‘n opleidingsaal om vir hulle ‘n lesing te gee en […] More

  • in

    Dom Boer se lag vir die dag:

    Feit van die lewe? Is die storie waar wat hulle my vertel dat iemand, terwyl die diere destyds op die ark gelaai is, gehoor het hoe mev Noag aan haar seuntjie sê: “Ag Skatjie, Mamma is nou ‘n bietjie besig. Gaan vra vir Pappa hoekom hy twee van elke soort dier op die ark laai.”? More

Load More
Congratulations. You've reached the end of the internet.