 |
 |
 |
Waarom moet u in ProAgri adverteer?
- ProAgri is presies op die boer se behoeftes afgestem en praat die boer se taal. Ons joernaliste gaan praat met boere op die plaas om hulle menings oor produkte en dienste wat hulle gebruik te publiseer. So word aanbevelings uit die boer se mond oor u produk aan byna 60 000 ander boere oorgedra.
- ProAgri kombineer mondelinge aanbevelings met werklike massamedia-trefkrag om u produk of diens onder aandag van aktiewe boere by 532 dorpe in al 9 provinsies te bring.
- Advertensie in ProAgri kom daarop neer dat ‘n volkleur volblad u ‘n skamele R136 per 1 000 tydskrifte kos. Soveel waarde vir geld kan u met geen selfgedrukte vokleurpamflette en met geen advertensie in enige ander tydskrif behaal nie.
- ProAgri se lesers hou van die trant van aanbieding, die gehalte van die inligting wat hulle gratis kry en die feit dat heirdie inligting en meer ook op ons webwerf, www.proagri.co.za, te kry is.
Terugvoer van ons adverteerders
Ons weet dat ProAgri en AgriTrader werk, maar wat sê ons adverteerders?
- “PANNAR Saad het ‘n lang verbintenis met ProAgri. Die tydskrif gee vir ons die geleentheid om ons nuwe produkte bekend te stel dmv gemaklike taalgebruik en goeie uiteensetting wat die PANNAR produkte goed komplimenteer,” Peet van der Walt, Pannar Seed (Pty) Ltd.
- "Die Beefmaster Beestelersgenootskap maak reeds ‘n hele aantal jare van die dienste wat ProAgri ons bied gebruik. Vir ons as Telersgenootskap is dit net so belangrik om ‘n kwaliteit advertensieveldtog te hê, soos wat dit is om met uitstaande diere te teel. Dit is met groot vrymoedigheid dat ons ProAgri en AgriTrader onderskryf.
Hul verdien beslis ons stempel van goedkeuring,” Helga Prinsloo, Beefmaster Beestelersgenootskap.
- "Ek is baie tevrede met ProAgri as advertensiemedium. Die terugvoer van voornemende kopers is baie positief, baie van hulle het van Kasteel Boerdery in die ProAgri gelees,” Dries Wiese, Stoetteler, Kasteel wit dorpers.
|
 |