Meer oor ons
Verskaffers is hoogs ingenome met die groot voorsprong wat publisiteit in ProAgri hulle in die mark besorg. Dit bewys dat ProAgri se verspreiding en aanbieding die kol tref.
Landboumaatskappye wat nie daaraan glo om geld links en regs rond te smyt nie, verwelkom ProAgri wat hulle meer waarde vir minder geld in die reklamemark bied. En hulle glimlag breed oor die voorsprong wat ProAgri hulle in die mark besorg.
Suid-Afrika se voorste landbouverskaffers tel onder ProAgri se gewaardeerde kliënte en vele van hulle erken ruiterlik dat ProAgri ‘n belangrike rol gespeel het om hulle ‘n leiersposisie in die mark te besorg.
Dr Francois Rall, boer en ekonoom van Pretoria, het besef dat Suid-Afrika se landbou ‘n onafhanklike landboutegnologietydskrif nodig het wat die boer se saak verstaan en die boer se taal praat. Hy het ProAgri in 1994 tot stand gebring om dié werk te doen.
ProAgri se enigste doel is om ‘n diens aan die landbou te verskaf, sonder politieke dryfvere en sonder om hom deur finansierders, belange-organisasies of wie ook al in koerse te laat boelie wat die landboubedryf nie tot voordeel strek nie.
Nadat dr Rall ProAgri se grondslag stewig en suiwer gelê het, is hy in ‘n motorongeluk oorlede. Sy seuns, Coenraad en Pieter, het beheer oor die tydskrif oorgeneem en dit tot nuwe hoogtes gevoer – steeds met dieselfde beleid van suiwerheid en eerbare sakebeginsels.
In 2009 het ProAgri by Smart Publishing aangesluit wat ook twee ander suksesvolle tydskrifte uitgee. TechSmart fokus op nuttige tegnologie vir die eindgebruiker en het ‘n oplaag van 100 000. Retreat is ‘n wegbreek- en ontspanningstydskrif en lig lesers in oor die beste vakansieplekke in die land. Retreat word tweemaandeliks uitgegee en versprei ook 100 000 eksemplare.
Verdere inligting
Coenraad Rall
Redakteur: ProAgri
Tel: 012-362-6390 | Sel: 083-973-3297
E-pos: coenraad@proagri.co.za |